ANC idiologie versus hedendaagse werklikheid

Alhoewel ek myself nie as linksgesind beskou nie, kan ek die basis vir sekere redenasies van die ANC verstaan.

Vanwaar hulle staan, is daar so baie mense wat ver onder die broodlyn lewe, dat enige verbetering hul lewens sal makliker maak…

En as dit moet, sal daai verbetering aangebring word ten koste van andere.

Solank – oor die algemeen – die mense ‘n beter lewe kan he.

Ek verstaan ook hoekom hulle gratis mediese dienste vir almal wil bied – want daar is ‘n melkweg-wye verskil tussen wat party mense vedien en wat dokters vra.

Dink maar net wat sou gebeur as iemand wat ‘n salaris van R3500 per maand kry, ‘n neuroloog moes gaan sien en self betaal…

R2000.

Medikasie uitgesluit. Afhangende van die diagnose, kan dit die res van sy/haar salaris insluk.

En ek verstaan hoekom hulle (in beginsel) staatsbeheerde maastkappye as sulks wil behou. Die idee is dat dit nie in die hande van gierige kapitaliste moet beland nie – en dit maak sin.

Maar…

Die feit dat ek begrip het vir hul standpunt beteken nie noodwendig dat dit die beste plan van aksie is nie.

Per slot van sake is dit juis hierdie idiologiese standpunt van die ANC wat ons gebring het waar ons is – by die randjie van die ekonomiese afgrond.

Dis nie dat die idiologie op swak beginsels gebou is nie – maar daar is twee dinge waarvoor dit nie voorsiening maak nie:

1. Die menslike faktor.

Staatskaping en swak bestuur het ons staatsbeheerde maatskappye baie diep in die moeilikheid laat beland – en ons ekonomie saam met dit.

Die feit dat die ANC aan die maatskappye bly vasklou, het die deur oopgemaak vir korrupsie. En saam met die korrupsie het die ontplooiing van on-opgewasse leiers gekom.

Feit: Hoe meer “beheer” jy het, hoe groter is die kans dat jy daardie mag sal misbruik.

2. Politieke meningsverskille en verskillende verwagtinge.

Ons landjie het nog nooit genoeg geld gehad om als te doen wat moes gedoen word nie. As sulks word daar altyd gestry en baklei oor waarop fondse aangewend moet word.

Voeg daarby die eindelose burokrasie en tydsverloop om besluite te implementeer, en jy skep ‘n situasie wat enige maatskappy kan vernietig.

Feit: Politici is nie almal besigheids-mense nie. En burokrasie maak nie voorsiening vir krisisbestuur nie. Elke keer as daar ‘n probleem ontstaan, word daar eers oor dit gekibbel en gestry – en teen die tyd dat almal klaar gestry het, is die probleem al reeds erger.

Nou praat hulle ook van nasionalisering van die reserwebank…

Hulle verloor EEN FEIT uit die oog:

Ons het reeds een keer vasgeval in staatskaping, en die skade daarvan het ons tot by hierdie punt gebring.

Wat sou gebeur het as die reserwebank reeds tien jaar gelede genasionaliseer was?

Die feite van die saak is dit:

1. Die ANC idiologie is geskep in ‘n tyd toe die SA ekonomie baie goed gedoen het. Die wereld-ekonomie, en ons plek daarin, het drasties verander sedert daai tyd.

2. Die ANC se idiologie is gebou op goeie bedoelings – maar nie al die mense in posisies van mag het goeie bedoelings nie.

En nou is dit maak of breek…

Verskeie ministers van finansies het in die verlede gese dat die staat sy uitgawes moet verminder. In die verlede het niemand nog geluister nie.

Almal het geld bly mors en wanspandeer teen gemiddeld R25 Miljard per jaar (ouditeur-generaal se syfers), staatskaping het voortgegaan, en staatsbeheerde maatskappye het dieper in skuld in verval.

Gaan dit hierdie keer anders wees?

Ek hoop so – maar dit hang af.

Wat is die belangrikste vir hulle? Idiologiese en politieke punte in die volgende verkiesing, of die welvaart van SA se mense?

Per slot van sake is die werkers-unies nie eintlik mal oor Minister Mboweni se plan nie – maar aan die ander kant is dit die eerste sinvolle plan in ‘n baie lang tyd.

Ons sal weldra weet.