Daar is meer misdadigers op straat as in die tronk. Letterlik.

As my sommetjies reg is, is daar baie meer misdadigers op straat is in die tronk. En dan praat ons nie eers van al die misdade wat nie aangemeld word nie – ons praat net van dit wat op rekord is.

Wanneer mens na die basiese wiskunde kyk, dan verstaan ons presies hoe sleg die misdaad situasie in die land is.

So – kom ons kyk na die feite:

In die afgelope jaar – volgens die SAPS se statistieke – is daar meer as 193,000 misdade aangemeld.

In die tronk is daar egter net sowat 163,000.

So – nou kan mens se dat die syfer elke jaar meer word soos die polisie en regstelsels hul werk doen, reg?

Um….

Nee.

Hier is ons tronk-besetting syfers vir die afgelope dekade:

2010 163,312
2012 158,165
2014 154,648
2016 161,984
2018 164,129

https://www.prisonstudies.org/country/south-africa

Met ander woorde…

Ten spyte van die feit dat daar nie veel verandering is in die aantal mense in ons tronke nie, het ons heelwat meer sake wat aangegee was die afgelope jaar.

Ja, mens kan redeneer dat baie van die kriminele meer as een misdaad pleeg.

Maar aan die ander kant is baie van die mense in die tronk ook daar vir meer as een jaar.

Nou is daar ‘n paar dinge wat uitstaan…

1. Alhoewel ons tronke sowat met sowat 45,000 gevangenes oorbeset is, lyk dit nie of daar nog tronke bykom nie. Ons het steeds net (amptelike) kapasiteit vir 118,000 mense.

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/no-beds-for-almost-45-000-inmates-as-overcrowding-burdens-sas-prisons-20190928

2. Net om bietjie addisionele perspektief te gee…

In die VSA is daar baie probleem-areas met ergere misdaadsyfers – veral in armer gebiede. In die VSA is sowat 2,3 miljoen mense (uit ‘n polulasie van 325 miljoen) in die tronk.

Dit is sowat 0,7% van die bevolking.

Ten spyte van dit is die VSA se moordsyfer sowat 4,5 moorde per 100,000 mense.

In SA is daar net 0,27% van die bevolking in die tronke…

Selfs al het ons ‘n moordsyfer van meer as 36 per 100,000 mense.

So – doen die wiskunde:

Ons moordsyfer is sowat sewe keer meer as die van die VSA. Maar meer as dubbel die persentasie van hul populasie is in die tronk.

Duidelik is daar minder misdadigers op straat in die VSA, want meer van hulle is in die tronke.

Maar dit bring nou nog een groot vraag…

Hoe lank gaan dit die regering neem om te besef dat misdaad die ekonomie soveel skade doen, dat dit dalk goedkoper gaan wees om meer op wetstoepassing te spandeer?

Per slot van sake raak misdaad die tesourie se inkomste – want beide besighede en verskeringsmaatskappye se uitgawes (weens misdaad) word afgetrek van hule belasbare inkomste.