Die 2 werklike redes vir SA se misdaadsyfer

Wanneer mens na die SA misdaadsyfers kyk, is dit maklik om die vinger te wys na die polisie en die regstelsel. Dis per slot van sake hule werk om ons veilig te hou.

Maar…

Die realiteit van die saak is dat die polisie, die regstelsel en die korrektiewe stelsels oorlaai is. Daar is eenvoudig nie genoeg geld, bronne of menslike hulpbronne om te deel met die geweldige druk nie.

Daar is verskeie areas in die wereld waar die polisie hulself simpel werk, maar nie enige vooruitgang maak nie. Dit gebeur. Dit kom veral voor in areas waar daar ‘n kultuur van minagting teenoor die wet is.

En ja, ek sou dink ons het in Suid Afrika ook ‘n kultuur van minagting van die wet en die gereg. Verdomp. kyk na die Kaapse vlaktes – selfs met weermag-ondersteuning vir die polisie is die moordsyfer nog steeds amper net soveel soos voor die weermag daar angekom het.

Maar kultuur kan verander word deur streng wetstoepassing en effektiewe rehabilitasie-maatreels. Dit vat tyd en dit vat werk, maar dit kan gedoen word.

Maar hier in SA maak dit nie saak hoe hard die polisie werk nie – die probleem raak net nie beter nie.

 

Maar daar is twee baie duidelike redes vir ons ergere misdaadsyfer:

 

1. Armoede.

Ja, ek weet. Ek klink dalk soos ‘n kommunis as ek dit se (ek sou hoop ek is meer gematig as dit…). Maar gaan kyk bietjie…

Al die plekke in die wereld waar misdaad onbeheerbaar is, is plekke van armoede – naby aan ander plekke waar mense beter leef.

Die armes raak moedeloos, en jong mense voel hulle het geen toekoms nie. Uit desperaatheid keer hulle dan na misdaad.

Maklike geld. Of so glo hulle.

As mens dan kyk na ons werkloosheidsyfer, en dit koppel aan die aantal families wat onder die broodlyn lewe…

Dan kan ons nie regtig iets anders verwag nie.

Dit is wat it is.

Ongelukkig gaan die eerste en die tweede rede hand aan hand:

 

2. Oneffektiewe straf vir misdadigers.

Ja, ek stem saam daar is iets soos menseregte. En dat daar ook tot ‘n mate regte moet wees vir gevangenes.

Maar…

Kom ons dink logies:

As iemand grootword in ‘n plek waar daar daagliks moord en doodslag is, rooftogte en geweld is algemeen, en gesinsgeweld is ‘n gereelde instelling…

En hy word groot in ‘n sink-huis wat geen vloer het nie, wat bo en onder lek as dit reen, en kort-kort is daar niks om te eet nie…

HOE SAL HY DIE TRONK ERVAAR?

Ja, die gevaar vir geweld in die tronk is nog daar. Moord sou ek dink is minder. Ek kan verkeerd wees. Kos is daar genoeg. Daar is mure rondom hom wat hom droog en veilig hou teen die natuur. Daar is lopende water, toilette wat werk, storte, en mediese hulp as hy dit sou nodig kry.

Ons praat nie eers van goed soos gevangenes wat selfone het nie, en – soos in die geval van Pollsmoor gevangenis laasjaar – dat die gevangenes sommer hul eie Facebook bladsy bedryf nie.

Maar selfs sonder die ongerymdhede wat plaasvind, is een ding baie duidelik:

DIE TRONK IS NIE GENOEG VAN ‘n AFSKRIKMIDDEL NIE.

As dit was, sou daar baie minder mense in die tronk gewees het.

Dis nie dat ons tronke vreeslik lekker is nie, dis net dat daar waar die meeste kriminele vandaan kom so erg is, dat die tronk nie juis as straf gesien word nie.

Dis meer ‘n “plek van verdere studie”.

Met gevorderde misdaad as hoof-vak.

Ek het geen idee wat dit gaan verg om dit reg te maak nie.

Al wat ek weet is…

Dit werk nie.