Die 95% skuld:BBP risiko – het NIEMAND ooit die sommetjie gemaak nie???

Volgens die Instituut vir Internasionale Finansies kan ons land se ekonomie sleg hand-uit ruk as dit nie vinnig onder beheer gebring word nie.

Oorpronlike artikel kan hier gelees word:

https://city-press.news24.com/Business/crunch-time-eskom-restructure-growth-plan-imperative-as-sa-eyes-95-debt-to-gdp-20191003

Hul “worst case scenario” voorspelling is dat ons kan opeindig met ‘n skuldlas van soveel as 95% van ons bruto binnelandse produk…

(Ons staan tans op 60%, wat reeds erg is. Voor die geldelike krisis van 2008 was dit minder as 30%.)

Dis hoofsaaklik te wyte aan die druk wat Eskom op die staatskas plaas.

Maar nou het ek ‘n (moontlike onnosel) vraag:

Het niemand nog ooit sulke sommetjies gemaak nie?

Het niemand nog ooit besef hoe diep ons reeds in die moeilikheid is nie?

Ek onthou die laaste begrotings-toespraak van minister Gigaba…

Hy het ewe kalm uitgespel hoeveel dieper ons elke jaar in die skuld sou wees vir die daaropvolgende drie jaar – asof dit niks was om oor bekommerd te wees nie.

Maar…

Ons sit met mense met groot geleerdheid en ervaring in die tesourie-departement. Het niemand nog ooit die gevaartekens gesien nie?

Of het hulle dit gesien, maar was hulle nie gepla nie?

Dit bring nog ‘n vraag:

Wat was hulle van plan om te doen? Ek bedoel nie wat was hulle van plan om aan die ekonomie te doen nie, maar in hul persoonlike kapasiteit?

Baie mense, insluitende besluitnemers, moes tog geweet het waarheen ons op pad was. So – wanneer alles inmekaar sou stort, wat sou hul “exit plan” wees?

Sou hulle dan eenvoudig weghardloop uit SA? Of sou hulle teen daai tyd geld in ander lander bele het, en – wanneer ons wisselkoers in die drein sou afgaan, in totale weelde leef in SA?

Wanneer iemand ‘n besigheid kaal stroop, het hy of sy ‘n plan vir die toekoms – want hy of sy weet dit is onvolhoubaar.

Ek laat my nie vertel dat niemand in ons land ooit projeksies saamgestel het van waarheen ons op pad was nie.

En dit maak my bitter.

Hulle het geweet dat ons op ‘n pad van self-vernietiging was, en hulle was bereid om als te laat inmekaar-stort.

En wie sou die swaarste kry?

Die armstes – net soos in Zimbabwe.

Almal het bly praat van hoe hulle armoede wou uitwis, maar agter die skerms…

Hopelik sal ons leiers hierdie keer hul gesonde verstand gebruik, en doen wat nodig is om te keer dat ons land oor die afgrond stort.

Ons kan maar net hoop.