Die ANC moet nou besluit: Ekonomiese welvaart of populisme

Die president het lank probeer om ‘n balans te vind tussen politiek en die land se geldsake…

Maar Moody’s (internasionale agentskap wat die ekonomie en kredietwaardigheid van lande en groot besighede evalueer) het ‘n streep in die sand getrek:

Kry jul (ekonomiese) huis in orde, of so nie is “junk status” jul voorland.

Ek kan verstaan dat die president probeer het om almal gelukkig te hou, maar…

Soos oorlede Steve Jobs (stigter van Apple) dit sou stel:

“As jy almal wil gelukkig hou, verkoop roomys.”

Sy standpunt was dat leiers moet bereid wees om ongewilde besluite te neem.

Die huidige situasie laat mens maar net wonder…

Ek onthou daar was in die verlede al verskeie ministers van finansies wat probeer het om “voet neer te sit” om die ekonomie reg te kry. Daar is al verskeie kere pertinent genoem dat ons nie so kan aangaan nie, en daar was in die verlede ook al planne om dinge daadwerklik reg te ruk.

Maar soos herhaalde kere vantevore, het…

1. Minister Gordhan, na sy sterk uitsprake en daadwerklike “plan” om Eskom reg te ruk, aan die einde ook maar moes toegee aan politieke druk. Dit was hy onlangs bekendgemaak het was maar baie flou – vergeleke met die oorspronklike plan.

2. Minister Mboweni se daadwerklike “plan” het – in sy mid-termyn begrotings-rede, letterlik soos mis voor die moreson verdwyn. Duidelik het hy ook geswig onder politieke druk.

Maar hierdie keer is daar een verskil:

Moody’s is al sedert 2017 die enigste van die drie groot agentskappe wat ons net bokant “junk status” gehou het.

Maar na die afgelope week se “gebrek aan daadwerklike planne” vir beide Eskom en die ekonomie…

Is ons nou letterlik ‘n haarbreedte van “junk status” af.

“Junk status” – wat (as ons so aangaan) dan seker na die volgende begrotings-rede sal verbykom, sal ‘n domino-effek he. Dit begin by dinge wat agter die skerms gebeur, en uiteindelik spoel dit oor na die waarde van die Rand.

En wanneer die Rand se waarde val, voel almal dit. Almal van groot besighede tot die haweloses wat in die bos slaap.

En wie kry die swaarste van almal?

Die armes. ulle wat reeds werkloos is, en hulle wat hule werk verloor omdat hul werkgewers hulle nie meer kan bekostig nie. En met meer werkloses op straat, en minder geld in hul sak, is dit nog moeiliker vir die middelklas om hulle te help met iets om te eet.

Nogal ironies…

Die ANC bly hamer op goed soos “ekonomiese ongelykheid” en “die uitwissing van armoede”…

Maar dit wat hulle doen, en die beleids-rigtings wat hulle inslaan, help nie die mense wat dit nodig het nie. Dit bly net als vererger.

En daar is geen aanduidings dat hulle dinge beter wil probeer doen nie.

Ek sukkel so effe met daai een.