Die doodstraf (of nie) gaan nie net oor menseregte nie

Mis ons almal die punt met die doodstraf debat?

Moontlik.

Ja, ek verstaan dit sal seker nooit weer terugkom nie. Nie in my leeftyd nie. Maar die redes daavoor mis die punt…

Die wat teen die doodstraf is, se dis onmenslik. Ja, dit is.

Hulle se ons moet eerder pro-akief optree om gewelds-misdaad te bekamp.

(maak so en so en so en so en…)

Soos Dr Phil so graag se…

“So how’s THAT working out for you?”

Ons misdaadsyfers bly erg – ongeag hoeveel meer mense pro-aktief optree.

Daar is vandag meer mense (relatief gesproke) wat alarmstelsels, gewapende reaksie, en opsporings-toestelle aanwend. Daar is meer hogere heinings, skerp penne op mure en hekke, lemmetjiesdraad, en elektriese heinings as ooit tevore in ons geskiedenis.

As al die pro-aktiewe maatreels gewerk het, moes die misdaadsyfer mos al lankal baie beter gewees het…

Maar nog steeds is daar meer en meer gevalle van sekuriteits-hekke wat met koevoete oopgeforseer word, privaat huise wat deur bendes gewapende rowers bestorm word, en motorkapings by huise se ingange. Van dit gebeur selfs in areas waar daar sekuiteits-personeel aan diens is.

Die feit van die saak is dit:

Jy doen wat jy moet om misdaad te bekamp. Hoe meer algemeen die misdaad, hoe strawwer die maatreels om dit te bekamp.

Byvoorbeeld:

Om rassisme hok te slaan is daar nou tronkstraf daarvoor.

Boetes vir spoed-oortredings het stelselmatig gestyg.

Om die vertoning van die ou vlag hok te slaan is daar nou ‘n geregtelike presedent.

In die verlede is daar reeds melding gemaak van swaarder strawwe, asook minder borg-waarkynlikheid, vir gewelds-misdade.

Die skerpioene, en later die valke, is geskep om spesifieke misdade hok te slaan.

Huidiglik is die Zondo-kommissie daar om te help om “state capture” hok te slaan.

Ongelukkig is daar twee tekortkominge met al die matreels en die pro-aktiewe stappe:

1. Die meeste moorde en seksuele misdade word gepleeg deur iemand wat deur die slagoffer geken word. Dit beteken alla pro-aktiewe maatreels is op daai oomblik by die venster uit.

2. Sover dit al die regstappe vir geweldsmisdade aangaan… DIT WERK NIE.

So…

Wat is volgende?

Wat on nodig het is ‘n FINALE AFSKRIKMIDDEL. Iets waarvoor kriminele bang is. En glo my, ons land se kriminele is geharde mense. Daar is nie veel wat hulle afskrik nie.

Tronkstraf skrik hulle duidelik nie af nie.

Ja, ons kan seker daarna kyk om dwang-arbeid terug te bring. Dit werk. Maar dit sal dieselfde reaksie ontlok as die debat oor die doodstaf – want dis “onmenslik”.

Ja. Amper so onmenslik as dit wat die geweldenaar aan sy slagoffer gedoen het.

Nou is my vraag aan al die anti-doodstraf mense…

Gesien in die lig van al die toenames in gewelds-misdade oor die afgelope 25 jaar, ten spyte van al die “pro-aktiewe maatreels”…

HOEVEEL ONSKULDIGE MENSE MOET NOG STERF OMDAT ONS MISDADIGERS SE “REGTE” BEKERM?