Die groot Eskom plan… nuut, of “same old, same old?”

Die minister van publieke ondernemings het so pas “die nuwe Eskom plan” bekendgemaak…

En ek is so effe bekommerd. Ok, dalk meer as effens.

Ja, hy het ‘n paar punte genoem wat sin maak:

1. Eskom se besigheids-model moet verander. Nie onderhandelbaar nie.

2. Die kultuur van nie-betaling moet stop.

3. Eskom moet ont-bondel word.

Maar daar is ook ander dinge wat my bekommerd laat:

1. Toe die onlangse energie-plan bekendgestel is, is daar gese dat die regering dadelik gaan begin onderhandel met onafhanklike krag-verskaffers. Maar nou…

Vandag is daar bloot gese dat hulle die kontrakte sal “hersien/weer na dit sal kyk”.

Huh?

2. Daar is pertinent gese dat daar nie dadelik fokus sal wees op die ont-bondeling nie – dit sal eers later gebeur. Sal maar moet sien hoeveel “later”.

3. Dan het die agbare minister ook iets kwytgeraak wat nie veel sin maak vir my klein breintjie nie…

Blykbaar sal kragstasies “in groepe saamgegooi word” om “kompetisie te skep”.

Uh…

Laat ek nou sien of ek dit reg verstaan…

Hulle wil binne-in ‘n staatsbeheerde maatskappy, met alles wat saam met dit kom (insluitende skynbare onaantasbaarheid van werkers), “kompetisie” bewerkstellig?

Mmm…

Soos Dr Phil sou se…

“Let me know how that works out for you.”

4. Daar sal geen personeel-verminderings wees nie – maar in dieselfde asem word daar gese dat “enige monopolie is oneffektief”.

Nou bring dit die groot vraag:

Is dit werklik ‘n plan, of is dit net – soos politici graag se – “window dressing”?

Ek mag verkeerd wees, maar dit voel nie vir my asof daar veel verander het vandat daar maande gelede begin is met die “groot werk” om Eskom reg te kry nie.

Buiten natuurlik dat hulle begin het om krag te voorsien aan Zimbabwe, en – as ek reg gelees het – Zambia.

Maar uit ‘n besigheids-oogpunt maak dit sin. Ten minste is daar ‘n kans dat hulle betaal sal word vir daai krag – anders as ons plaaslike munisipaliteite wat patetiese betalers is.

Maar waar los dit ons as Jan publiek?

My “dutchman logic” se vir my…

As die kultuur van nie-betaling nie gaan verander nie (en ek kan nie sien hoe dit gaan gebeur nie)…

Dan sien ek nie veel verandering vir die toekoms nie.

Same old, same old.

Selfde uitgawes. Selfde benadering (hou die unies gelukkig vir erkiesings-tyd). Selfde storie oor onfhanklike krag-verkaffers – niks gebeur nie.

Baie praat, min wat werklik verander.

Ons sal maar kyk wat se die minister van finansies more in sy toespraak – en dan sal ons maar moet kyk wat se Moody’s die volgende dag.

Dan sal ons weet waar ons regtig staan. Daai mense weet waarvoor om te kyk. As hulle negatief is, het ons regtig rede tot kommer.