Die President se “kroonjuwele” (Medupi) le aan skerwe

Die President het onlangs na Medupi en Kusile verwys as Eskom/SA se “kroonjuwele. Maar vandag het ons weer beurtkrag, en…

vir die soveelste keer…

is dit danksy probleme by Medupi.

Buiten die vervoerband wat stukkend is, is daar VYF krag-opwekkings-eenhede wat staan as gevolg van water-lekkasies.

Net om dit in perspektief te stel…

Medupi het SES opwekkings-eenhede.

So – VYF van die SES is buite aksie.

Die grootste van sy soort in die wereld (droog-verkoel, steenkool-gebaseer)…

En vyf van die ses eenhede is buite aksie op dieselfde tyd.

Nou kom die vraag…

Die “boilers” is van ‘n spesiale ontwerp, voorsien deur Hitachi – ‘n ervare en gerespekteerde Japanese maaskappy.

Wat het verkeerd geloop?

Is die goed verkeerd ge-installeer?

Is dit nog nadraaie van skade/vandalisme tydens die destydse stakings?

Word die goed nie reg behandel of -bestuur nie?

Wat ook al die rede…

Die President se spreekwoordelike (krag-) kroonjuwele le aan skerwe.

Gaan soek maar op Google vir “Medupi”, en kyk wat kom te voorskyn.

So…

Is dit dalk juis die rede hoekom die regering nie die Medupi en Kusile kragstasies wil verkoop nie?

Nie net omdat dit nuut is nie, en omdat hulle vreeslik baie vir dit betaal het nie, maar…

Omdat Medupi lyk of dit “uitmekaar val”? Met al die probleme daar…

Wie sal dit wil koop?