Die Rage Festival – wat het hulle gedink gaan gebeur?

Vanoggend is dit oral oor die nuus dat die komende Rage Festivals uitgestel is, maar…

Wat gaan in die mense se koppe aan?

Eerstens…

Elke keer nog waar daar groot groepe mense bymekaargekom het, was daar nuwe Covid-19 gevalle agterna.

En nou is ons syfers van nuwe gevalle en sterftes weer aan die styg, so my beperkte logika se vir my dat ons nou meer versigtig moet wees.

Duidelik is dit nie hoog op seker mense se prioriteitslys nie.

Maar nou wonder ek maar net…

  1. Wat het die organiseerders van die feeste gedink? Het hulle wragtag gedink hulle kan groot groepe mense bymekaar kry, sonder enige risiko?

2. Wat het die mense gedink wat dit goedgekeur het? HUH??? Daar is nog beperkings op pubs en restaurante, maar hulle laat ‘n FEES toe? Toegegee, hulle het streng vereistes gestel – maar wanneer jy ‘n massa mense bymekaar het, is dit eenvoudig nie moontlik om almal verilg te hou nie – nie teen Covid-19 nie.

(jammer, eendag lank lank gelede het ek ook geswat- en ek het mikrobiologie gehad tot in my laaste jaar. Tusen dit wat ek sien, en dit wat ek onthou van wat ek geleer het, is ek BAIE bekommerd.)

3. Wat het die feesgangers gedink? Jong mense is soooo gou om vir ons oueres te laat verstaan dat hulle slimmer is…

En dan doen hulle DIT???

As die jeug dan die toekoms van ons land is…

Dan sidder ek om te dink hoe daai toekoms gaan lyk.

Nugtere denke is duidelik nie hoog op die prioriteitslys nie.

En inagneming van ander skynbaar glad nie.

(ek dink maar net aan hoeveel jong mense na die fees huistoe is, waar hul ouers en soms grootouers saam woon, wetende dat hul bywoning van die fees dalk iemand in die familie se lewe kan kos)

 

Deel asb met u vriende: