Gaan Medupi kragstasie ons ekonomie finaal kelder?

Vroeer die week toe beurtkag weer begin het, is dit toegskryf aan 5 eenhede buite werking by die Medupi kragstasie, asook die stukkende vervoerband.

Gister-aand laat lees ek dat dit vandag van fase 2 na fase 1 sou verminder, maar vanoggend…

‘n Nuwe krisis.

Weereens is daar drie eenhede by Medupi buite werking, maar hierdie keer oor ‘n ander rede. Skynbaar te doen met die hantering van die steenkool en as…

Wat ook al die rede is, die effek daarvan kan enorm wees.

Beurtkrag plaas enorme druk op ons reeds stagnante ekonomie.

Maar die groooot probleem is dit:

Op 1 November 2019 doen Moody’s weer ‘n assessering van ons land se kredietwaardigheid. Hulle is die enigste van die drie grotes wat ons nog nie afgegradeer het na “junk status” toe nie.

Maar nou…

As hulle voel dat Eskom se probleme gaan aanhou, en dat dit die ekonomie verder sal benadeel…

Is die kanse baie goed dat ons finaal “junk status” klassifikasie sal ervaar.

Veral as mens kyk na berigte dat Eskom weereens besig is om uit bedryfskapitaal uit te hardloop, en dat hulle dus binnekort weer geld van die Regering gaan nodig he.

So – nie genoeg geld nie.

Kannie als in werkende toestand hou nie.

Die implikasies vir die ekonomie sny na alle kante toe, en die mense by Moody’s weet dit. En alhoewel die pas-gepubliseerde energie-plan ‘n goeie plan is, weet ek nie of dit genoeg gaan wees om Moody’s te oortuig nie. Per slot van sake is die plan OOK van geld afhanklik, en op die oomblik het Eskom nie juis ‘n oorvloed van dit nie.

Nou kom daar nog vrae by my op:

1. Die huidige probleem by Medupi is skynbaar as gevolg van HANTERING van as en steenkool.

Hoeveel van daai probleem is as gevolg van masjinerie, en hoeveel is as gevolg van die menslike faktor?

As dit is weens die menslike faktor…

Was dit doelbewus?

Hoekom ek vra…

2. Die DA het reeds die stelling gemaak dat Eskom nie beurtkrag as “afpers-middel” moet gebruik om meer geld te kry nie. Hoeveel waarheid steek in daai stelling?

3. Hoekom bly al die probleme kop uitsteek by Medupi? Kusile lyk of dit om die oomblik heel goed aangaan. Eers was dit die vervoerband, toe water-lekkasies op die “boilers”, en nou dit…

Alles binne 7 dae.

Hoe dit ook al sy…

Hoe langer dit Eskom neem om die probleem onder beheer te kry, hoe groter is ons kanse om “junk status” klassifikasie te kry teen die einde van die maand.

Nou kan mens maar net wonder…

Is dit toevallig dat hierdie groot probleem NOU kop uitsteek?

Of steek daar dalk waarheid in die DA se stelling?