Geweld op uitlanders – geregverdig of misplaas?

Belangrik:

Hiedie artikel deel nie met die sinnelose geweld wat op die oomblik in die townships aangaan nie – hiedie een gaan slegs oor die beweerde dwelmhandel.

Ek het nie altyd op die platteland gewoon nie. Vir ‘n klompie jare was ek aan die Oos-rand, en ook in Johannesburg…

Lank genoeg om te weet dat die dwelm-bedryf baie groot is in die stad.

Lank genoeg om te weet dat, net soos in baie ander wereld-stede, baie geld rondgegooi word om mense se stilte en samewerking te koop.

En lank genoeg om te weet dat die dwelmbedryf nie iets is wat jy sonder handskoene aanpak nie…

Maar elke mens het ‘n breekpunt.

As die polisie dan nie die oorlog teen dwelms kan wen nie…

Hoeveel ouers moet nog toekyk hoe hul kinders hulself vernietig?

En hoeveel ouers – waarvan baie self swaarkry – moet toekyk hoe hul verslaafde kinders van hul families bly steel om hul dwelm-gewoontes te kan bekostig?

En hoeveel mense in enige gemeenskap gaan vir altyd net staan en toekyk hoe dwelmverslaafdes roof en steel van onskuldige buitestaanders?

Ja, dis baie moeilik – soms onmoontlik – vir verslaafdes om weg te breek. Maar solank die verskaffer binne bereik is, is die “agterdeur altyd daar”. Dit maak dit nog moeiliker vir verslaafdes om los te breek – amper soos ‘n alkoholis wat langs ‘n bottelstoor bly, en dan sy probleem propeer oorkom.

As sulks is dit heel verstaanbaar dat gemeenskappe die reg in eie hande neem en terugveg – en nie deur wetlike kanale nie, want daai kanale werk nie.

Ek probeer nie voorgee dis die regte ding om te doen nie – maar ek verstaan die frustrasie. “Mob justice” is nie wat ons nodig het in ‘n moderne gemeenskap nie – maar as die wet- en orde-stelsel die mense faal…

Ja wel.

Die afgelope tyd was daar ergere geeld teen uitlanders - is dit misplaas, of is is dit geregverdig? #geweld #misdaad #suidafrikaMaar nou kom daar twee vrae op:

1. Is hulle besig om die regte mense te teiken?

2. Hoekom word daar geplunder?

Wel…

1. Ek is nie so seker nie. Dalk steek daar waarheid in die bewerings dat winkeliers dwelms verkoop. Of dalk nie altyd nie. Een winkelier het genoem dat sy hele lewe/inkomste verlore is…

Is dit dalk weer soos die middel-eeuse heksejag, waar enige beskuldiging (waar of nie) tot veroordeling lei? Dis moontlik.

Maar as dit vir gewone mense nodig raak om die reg in eie hande te neem, dan moet mens aanvaar dat hulle nie opgelei is in kriminologie nie, en daar sal bes moontlik foute wees.

En wanneer gemoedere hoog loop, is dit bykans onmoontlik om daai foute (vals/misplaasde beskuldigings) reg te stel voordat dit hand-uit ruk.

Die punt is dit: Die mense het genoeg gehad. En hulle weet nie waar om die streep te trek nie. Dit wat hulle doen, is dalk met goeie rede, maar daar is ook ‘n goeie rede hoekom die polisie sulke sake liewer self moet hanteer.

Maar as die polisie se hande vas is (kriminele het mos meer regte in hierdie land as wat wetsgehoorsame burgers het)…

Dan gebeur dit.

2. Die geplunder…

Kan dit wees dat mense so vasgevang is in die oomblik, die geweld en die gemoedere wat hoog loop, dat hulle op daai oomblik voel dis “ok”?

Ek sukkel om die storie te sluk dat soveel “kriminele elemente” so skielik bymekaargekom het om dit georganiseerd te doen. En as dit wel “kriminele elemente” was – soos baie keer beweer word met protes-aksies – hoekom betoog die gemeenskap dan agterna by die hof vir hul vrylating?

Daar is dalk wel kriminele wat teenwoordig is – maar as mens op videos kyk na hoeveel mense elkeen net iets gryp en hardloop…

Dan is mens onseker of almal kriminele is, en of baie van hulle eenvoudig net mense is wat te ver opgesweep en/of opgewerk is.

Die “bottom line” is dit:

Is die mense – wat die reg in eie hande neem – se gevoelens geregverdig?

Ek kan verkeerd wees, maar na alles wat ek in die stad gesien en ervaar het…

Waar daar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie.

Dis nie wettig nie, en dis nie reg nie, maar mens kan verstaan hoekom dit gebeur.

Is almal wat aangeval word wel skuldig?

Bes moontlik nie. Maar die gemeenskap is nie opgelei daarvoor, or ingestel daarop, om deeglike kriminele ondersoeke te doen nie.

Al wat hulle probeer doen is om hul eie mense/families/kinders te beskerm. En wanneer dit vir enige gemeenskap nodig is om so ver te gaan as om die reg in eie hande te neem…

(omdat die gereg hulle gefaal het)

Dan kom al die jare se woede en frustrasies na vore.

Dis nooit ‘n mooi prentjie nie.