Hoe nou? R1 Biljoen se onreëlmatige uitgawes deur tesourie dept

Ek het altyd gedink dat boekhouers en rekenmeesters mense is wat “reg” werk. Hulle is per slot van sake altyd baie gesteld op die feit dat alles moet balanseer, en dat alles – soos die ingelse se – “above board” moet wees.

Maar nou…

Nou lees ek van R1 BILJOEN se onreëlmatige uitgawes deur die tesourie en SARS. Alles blykbaar te make met onreëlmatige aankope en prosesse vir aankope en tenders.

En dis nie ‘n skielike vermeerdering nie – laasjaar was dit blykbaar R940M.

https://www.fin24.com/Economy/treasury-entities-irregular-spend-reaches-r1bn-20191008-2

Hoe nou?

Mens sou dink dat die tesourie ‘n voorbeeld sou stel vir die res van die staatsdiens. Per slot van sake “weet hulle hoe om dit reg te doen”.

Maar dit lyk my dat diegene wat hul agter-ente aan protokol afvee, in enige staatsdepartement voorkom. Ons sal liewers nie vra hoe sulke mense in staat was om by die tesourie en SARS werk te kry nie, en nog steeds daar te bly werk nie.

(ek mag verkeerd wees, maar as daar streng stappe geneem is teen diegene wat oortree het, sou die voorkoms daarvan mos al verminder het, dan nie?)

Maar wat die mense wat so lekker aangaan nie besef nie…

(tipies – dink nie aan die nagevolge nie)

Is dat die onreëlmatige uitgawes by die tesourie ook ‘n ander nagevolg het:

Die ANC se alliansie-vennote het dalk nou minder vertroue in die oordeelsvermoë van die mense in beheer van die tesourie om leiding te gee oor die geldelike beleid, en stappe om die ekonomie te herstel. Is dit dalk die rede hoekom hulle skop teen Mboweni se herstel-plan?

Per slot van sake kan mens nie sommer net die oordeel vertrou van “iemand wat self geraamtes in die kas het” nie.

Sover dit hulle aangaan is die mense by SARS en die tesourie “maar net nog ‘n groep mense met opinies”, wat nie noodwendig reg is nie.

Die mense by die tesourie dept het die “morele hoë grond” prysgegee.

Maar wat het hulle verwag…

Nadat hul ongekwalifiseerde oudits met amper die helfte verswak het oor die afgelope 4 jaar…

En na die R1 Biljoen se onreëlmatige uitgawes die afgelope jaar…

Hoeveel impak het dit op die reaksie op die minister van finansies se ekonomiese plan?