Hoeveel dra Eskom se “bailouts” by tot ons misdaadsyfer?

Ons weet die “bailout’s” vir staatsbeheerde maatskappye kom uit ons swaar-verdiende belasting-geld. En ons weet dit kon beter aangewend word.

Maar…

Het ons al ooit gekyk na die domino-effek wat dit veroorsaak?

Ander staatsdepartemente moet hul uitgawes besnoei. Ok, dis ou nuus, maar…

1. Daar is nou weer aanduidings dat, onder Mboweni se nuwe ekonomiese hestel-plan, die polisie hul uitgawes moet besnoei.

2. Die nasionale vervolgings-gesag het dit reeds nie te breed nie. Hulle kan regtig doen met meer geld.

Dit het ‘n hele bose kringloop tot gevolg.

Eerstens beteken dit dat minder kriminele aangekeer word, en minder suksesvol vervolg word.

Dit het dan ook die effek dat (die minder effektiewe) polisiëring minder van ‘n askrikmiddel word vir ander misdadigers. Dus, nog meer misdaad.

As gevolg van dit is daar dan ook meer geld wat uitgegee word op sekuriteit en beveiliging, asook die addisionele uitbetalings deur versekerings-maatskappye.

As sulks het besighede minder geld om te groei en nog mense aan te stel.

En danksy al die addisionele aftrekkings, kom daar minder geld in SARS se staatskas in.

Dit lei tot:

1. NOG minder geld om die polisie effektief te bedryf.

2. NOG meer mense sonder werk, waarvan ‘n sekere persentasie waarskynlik hulself na misdaad sal wend om ‘n inkomste te genereer.

Die addisionele misdaad verhoog dan weereens uitgawes op sekuriteit en beveliging, en addisionele versekerings-uitbetalings.

Dit beteken dan WEER minder geld vir SARS, wat dan weer minder geld het om vir die polisie en die NVG te gee.

En intussen word meer en meer geld nog steeds vir Eskom en ander saatsbeheerde maatskappye gegee, en en en…

En dan wonder ons hoekom ons misdaadsyfer nie beter word nie.

Duh.