Is dit die begin van die einde vir die SA ekonomie?

Die minister van finansies het onlangs sy plan vir ekonomiese herstel ter tafel gele. Teen alle (ok, al my eie) verwagtinge het die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NEC) dit aanvaar.

Maar…

Die ANC se bondgenote is nie vir dit te vinde nie…

https://city-press.news24.com/News/ancs-alliance-partners-push-back-against-mbowenis-key-economic-reforms-20191007

Mboweni se plan staan op twee bene:

1. Sny alle uitgawes wat besnoei kan word, en raak ontslae van laste op die fiskus. Dit sluit SAL en Eskom se steenkool-kragstasies in.

2. Help soveel mense moontlik om ‘n inkomste te genereer, selfs al is dit minder as die wetlike minimum. In die proses hoop hy om ook die druk op medium- en kleiner besighede te verminder, sodat hul kan vooruitgaan – en hopelik selfs meer werksgeleenthede kan/sal skep.

Maar hier kom die probleem…

1. Die allianse-vennote voel dat die minimum loon vir kiesers/werkers belowe is voor die algemene verkiesings. Dit sal dus ‘n blantante verbreking wees van die ondersteunings-oreenkoms tussen die ANC, SAKP en COSATU.

Dit kan ook die vertrouens-posisie tussen die werkers/COSATU, die SAKP en die ANC onherstelbaar beskadig.

2. Die alliansie-venote voel dat daar in die verlede vaste beleids-rigtings ingeneem is aangaan die die staat se beheer oor strategiese bates. Hulle vrees dat privatisering van Eskom se kragstasies uiteindelik elektrisiteit se prys kan laat styg.

3. Dan is daar natuurlik die vrees vir werks-verliese.

Aan die een kant verstaan ek hul redenasie en standpunt, maar…

Watter deel van “daar is nie genoeg geld nie” verstaan hulle nie?

Watter deel van die term “ekonomiese selfmoord” verstaan hulle nie?

Of wil hulle eers aanhou kibbel en baklei tot die land se ekonomie in die drein afgaan, en dan weereens die skuld voor die deur van “white monopoly capital” plaas?

Hoeveel besighede moet nog hul deure sluit, en hoeveel mense moet nog verder sonder werk sit, voor hulle die groter prentjie sien?

Laastens…

Dit plaas die ANC in ‘n baie moeilike posisie.

As hulle nie die plan implementeer nie, kan SA ekonomies ondergaan. Die waarskynlikheid is groot.

Maar as hulle dit wel doen, kan die daaropvolgende arbeids-onrus astronomies wees – om nie te praat van wat dit hulle by die stembus kan kos nie.

Maar te midde van al die bakleiery en stryery, vergeet hulle die belangrikste vraag van almal:

Hoe voel die mense wat SONDER werk sit oor dit? Jy weet, daai mense wat nie kos op die tafel kan sit nie, wat moet bedel en hier en daar stukwerkies doen om te probeer oorleef.

Ja, as die plan wel deurgevoer word sal daar bes moontlik heelwat mense hul werk verloor.

Maar daar is BAIE MEER mense wat weer ‘n kans sal he om wel te werk as gevolg van dit.

Maar…

Nie almal is bereid om te kyk na die groter prentjie nie. Dit werk nie vir hulle nie.

So…

Is dit die begin van die einde vir die SA ekonomie?

Buckle up. Dit kan dalk ‘n rowwe rit word.