Is ons grondwet ‘n klug? Deel 2

In nog ‘n ander debakel die week het ons gesien hoe nog ‘n stukie van die Suid-Afrikaanse grondwet skynbaar niksseggend is:

Die reg tot vryheid van assosiasie.

Ja, ek verwys na die sirkus rondom Brackenfell HS. En ja, miskien is daar ander dinge by die skool wat nie reg is nie (ek weet nie, ek bly nie daar nie), so dalk was daar gronde vir mense om ongelukkig te wees.

Maar…

Dit was ‘n PRIVAAT funksie.

Ja, dit was in die skoolsaal gehou, maar dit kon net sowel elders plaasgevind het.

Die funksie is betaal met PRIVAAT geld. NIE die skool se geld, of publieke geld nie.

So as dit dan nou ‘n presedent was vir wat aan die kom is…

Beteken dit dat die aanbieders van PRIVAAT funksies voortaan verplig sal wees om “inklusiwiteit” en “diversiteit” in ag te neem wanneer hulle die gastelys opstel?

Hoe lank voor ons verplig word om gaste by troues en verjaarsdag-partytjies in te sluit op grond van hul velkleur, en nie op grond van vriendskap nie?

Hoe lank voor dit ‘n grootskaalse protes aksie sal ontlok as jy nie ‘n “verteenwoordigende samestelling” in jou familie-saamtrek se gastelys kan bewys nie?

In my (oningeligde) opinie…

as EK vir iets betaal, het EK die reg om te besluit met wie ek dit wil deel.

Maar dit werk seker maar nie meer so nie.

Snaaks genoeg…

By enige funksie, werksplek of sosiale/professionele groep mag almal swart wees – maar nie wit nie.

Ek dink maar net aan goed soos die Black Lawyers Association, Black Businss Council, Black Parents Association ens.

So…

Die vryheid van assosiasie geld seker maar net vir sekere manse in die land.

Die res van ons moet maar in ons spoor trap.

Deel asb met u vriende: