Kan iemand asb hierdie sommetjie maak…

Die meeste mense besef dit nie, maar daar word stil-stil groooot geld gemors deur die regering.

ASTRONOMIESE BEDRAE.

En dit hou nie op nie – want dis “reg so”.

Laat ek probeer verduidelik:

As deel van die regering se swart bemagtiging plan, is daar besluit om BEE maatskappye se tenders anders te beoordeel as nie-BEE maatskappye s’n.

Die resultaat was dat BEE maatskappye heelwat meer kon vra/tender vir hul dienste en produkte as nie-BEE maatskappye, en nog steeds die tenders kon kry.

 

Dit het ‘n paar onaangename – maar voorspelbare – gevolge gehad…

Eerstens het dit aanleiding gegee tot “front-maatskappye” – met ander woorde, BEE maatskappye sou die tender kry, en dan ‘n nie-BEE maatskappy betaal om die werk te doen.

Tweedens was dit die begin van BAIE DUUR steenkool – heelwat meer was die algemene mark-prys.

Dit was ook die begin van baie ander “duur items”, soos byvoorbeeld die R600,000 toiletsitplekke vir PRASA lokomotiewe.

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/prasa-r42m-for-70-toilet-seats-20160826

(dalk was hul term “toilet-sitplekke” nie heeltemal reg nie – maar al was dit hele toilette… R600K elk? Mens kan ‘n klein huis bou vir daai geld)

Nou is my vraag…

 

HOEVEEL het ons regering reeds te veel betaal vir dienste, voorraad, grondstowwe, toerusting, ens.?

Ek verstaan hul beginsels en doelstellings, maar die feit is dat ons dit nie kan bekostig nie – dis hoekom Mantashe nou hand en tand baklei vir goedkoper steenkool. Oplaas is daar iemand wat sy verstand gebruik.

Kom ons se maak die somme…

Net oor die afgelope tien jaar. Net die groter transaksies. Hoeveel beloop dit?

Kan iemand asseblief vir ons daardie sommetjie maak?

En wanneer ons weet hoeveel daai bedrag is, dan kyk ons hoeveel van ‘n verskil sou dit gemaak het – aan Eskom, en aan regering se uitgawes, en aan die land se ekonomie.

Ek mag verkeerd wees, maar ek sou dink dis ‘n aardige bedraggie. En as daai bedrag ooit reg aangewend was, sou ons land laaaankal baie beter af gewees het…

Minder werkloosheid.

Minder misdaad.

Beter skole en klinieke.

En minder haat/weersin teenoor wittes wat verantwoordelik gehou word vir die land se probleme, terwyl die regering ASTRONOMIESE bedrae geld weggee – letterlik.