Staatskaping is nou ‘n globale verleentheid vir SA

Staatskaping is een hengse groot gemors…

Maar ek dink nie enige van die skuldiges het ooit gedink hoe ver-reikend hul aksies sal wees nie.

Laat ek veduidelik:

Denel (wapenvervaadiger, word besit deur die staat) was onlangs in die nuus. Nadat hulle 2 jaar gelede ‘n R100 miljoen deposito ontvang het (op ‘n R250M ooreenkoms) van die Tjaad se regering, het hulle nie EEN van die items op bestelling afgelewer nie.

(die ooreenkoms was vir ‘n aantal gepantserde voertuie wat hulle wou gebruik om terrorisme in Noord-oos Afrika hok te slaan)

As jy dalk die oorspronklike berig wil lees:

https://city-press.news24.com/News/denel-blows-r250m-arms-deal-with-chad-20190923

Die redes daarvoor is effe tegnies…

Of dalk nie.

‘n Gupta-beheerde maatskappy het opgeeindig met die intellektuele regte op die spesifieke voertuig – skynbaar sonder dat hulle vir dit betaal het.

Jaaa…

Teoreties sou dit eenvoudig wees – Denel sou eenvoudig die vervaardiging uitkontrakteer.

Maar daar het ‘n klein vliegie in die salf beland:

Die maatskappy wat die goed moes bou, het bankrot gespeel.

So…

Toe sit Denel met ‘n deposito van R100 miljoen, en geen manier om die produk af te lewer nie.

Ons praat natuurlik nie hardop oor hoe die intellektuele regte in iemand anders se hande beland het sonder vegoeding nie…

Of oor die feit dat die ooreenkoms met die Tjaad se regering skynbaar onregmatig en ongemagtig aangegaan is nie….

Of dat daar ‘n R10 miljoen se “advies fooi” uitbetaal is aan ene “Solomon” nie (skynbaar iemand wat nie ‘n van het nie…).

Maar die eintlike probleem le hierin:

Die Tjaad se regering spring op en af. Hulle sou al reeds laasjaar die eerste tien voertuie ontvang het – maar hulle sukkel nog aan sonder dit.

Daar is dreigemente van internasionale hofsake en erg onsmaaklike gevolge. Ons president was skynbaar in staat om die situasie te kalmeer, maar die mense in Tjaad is nou nie regtig gelukkig oor alles nie.

Teen hierdie tyd weet die hele wereld reeds dat Denel – wat deur die SA regering besit word, ‘n ander land op redelike groot skaal deur die ore gewerk het.

Dit bring nou NOG vrae na vore:

1. Hoeveel klandisie gaan Denel verloor as gevolg van die fiasko? Hou in gedagte dat Denel reeds sukkel, en onlangs hulp van die regering moes kry. ‘n Boikot deur hul klandisie is nou nie iets wat hulle regtig kan bekostig nie.

2. Hoe gaan dit ander lande se persepsie van ons affekteer? Daar is reeds mense wat skepties is oor ons bevoegdheid om ons ekonomie (en ons land) te bestuur, maar nou is ons nog “skelms” ook…

Gaan dit dalk lei tot boikotte teen SA as land, en dalk selfs sanksies?

3. Hoeveel onaangename verrassings wag daar nog? Nugter weet hoe diep die staatskaping storie strek, en hoeveel skade reeds gedoen is.

Ons sal seker eers weet wanneer elke spreekwoordelike bom bars.

Nie dat die staatskapers gepla is nie…

Soos enige normale krimineel, dink hulle glad nie aan die gevolge van hulle misdade nie…

Of aan die mense wat agterna die gemors moet opruim nie.