Watter punt bewys dit nou eintlik?

Laasweek het van ons eie burgers mos die reg in eie hande geneem, en veemdelinge se winkels begin stroop en afbrand.

Alhoewel dit nou nie die regte manier is om dinge te doen nie, kan ek die redenasie agter dit verstaan.

Maar nou lees ek op die nuus dat Nigeriese burgers plekke soos Shoprite en MTN in hul eie land geteiken het…

Dis nou “stroop-vir-stroop” – amper soos oog-vir-‘n-oog.

Maar nou verstaan ek nie so mooi nie…

Die taxidrywers en gemeenskapslede wat Nigeriese burgers geteiken het, het spesifiek Nigeriese ondernemings geteiken.

Maar nou kom die Nigeriese burgers en hulle teiken MTN winkels…

Hallooooooooo….?!

Daai MTN winkels behoort aan NIGERIESE eienaars. Die protesteerders rig skade aan hul eie mense se winkels aan – net die handelsnaam is uit Suid Afrika.

So…

Hoekom?

Vir wat?

Watter punt probeer hulle bewys?

Wat is die punt daarvan? Dink hulle regtig dat die gemeenskappe wat hul burgers hier geteiken het, sal enigsins gepla wees oor die skade wat aan Shoprite of MTN winkels in ‘n ander land aangerig is?

Die enigste mense wat gepla is oor die skade is die mense wat dit winkels besit. En geen een van hulle het enige verwantskap met die klomp wat hier moles gemaak het nie.

So…

Watter punt bewys dit nou eintlik?